Voor jou oë breek die son
Voor jou oë wil als begin
Oer is die wêreld
Met vis wat na die son opspring
Dei reën hou jou vas
De reën maak jou seer
Jy word ’n mens
Wat nooit weer terug kon keer
Asof die reën jou optel
Asof die reën jou ruik
De reën jou hou
Asof die reën jou keel gebruik
Al langs jou dy snuif de reën
Al langs jou borst glinster dit
Met jou hele lyf
Hoor jy die oerknalle klink
Êrens sif lig deur
Êrens voor…
Êrens sif lig deur
Êrens voor …
Êrens kantel die reën met jou vooroor
Jy hou die reën se arms vas
Met jou rug teen sy maag
Jy is by die reën
As hy uit oor die aarde waag
Blindwit weerlig spat in klip
Die aarde prut met vuur
Blindwit weerlig spat in klip
Die aarde prut met vuur
Uit die drif en skrop
Word basalt en graniet gepuur
Êrens sif lig deur
Êrens voor…
Êrens sif lig deur
Êrens voor…
Êrens kantel die reën met jou vooroor
